Besigheidskamer wil Mosselbaai meer mededingend maak

Oct 9th, 2009 | By Lalakoi | Category: Featured, Garden Route News, George, Mossel Bay

By Denise Lloyd

Mosselbaai Besigheidskamer

Harry Hill van Mosselbaai Munisipaliteit (tweede van regs). Die lede is (van links): Kobus Smit (Gouriqua Eiendomme), Floyd Murray (Murray & Jacobs Consulting) en Pierre Venter (regs), voorsitter van die Kamer

Harry Hill van Mosselbaai Munisipaliteit (tweede van regs). Die lede is (van links): Kobus Smit (Gouriqua Eiendomme), Floyd Murray (Murray & Jacobs Consulting) en Pierre Venter (regs), voorsitter van die Kamer

Nuut gestigte Mossel Baai Besigheidskamer

MOSSELBAAI –Die sakelui van die dorp het weer ‘n organisasie wat met ‘n gesamentlike stem kan praat nadat die Afrikaanse Sakekamer ‘n paar jaar gelede ontbind het. Die nuutgestigte Mosselbaai Besigheidskamer beplan om die belange van die dorp se sakelui voorop te stel en om die dorp meer mededingend te maak.“Ons moet Mosselbaai aanlokliker maak vir beleggers en ‘n omgewing skep waar entrepreneurs aangemoedig word om werksgeleenthede te skep en te ontwikkel.

Mosselbaai se sakekern moet opgeknap word en woonbuurte moet opgeruim en skoon gemaak en  word

Ons moet ekonomiese verandering dryf deur onderwys en opleiding aan te moedig. Die Sakekern moet opgeknap en interessanter gemaak word met verbeeldingryk ontwikkelings, want die huidige toestand is totaal onaanvaarbaar. Woonbuurte moet opgeruim en skoongemaak word en daar moet meer orde in die dorp wees. Die onbeheerde en onooglike ontwikkelings is ‘n klad op ons naam”  het die voorsitter van die Besigheidskamer, Pierre Venter aan Die Burger gese.

Kleiner besighede en nywerhede moet groter rol speel om  Mosselbaai ekonomie te stimuleer

Die dorp het die afgelope paar jaar fenominaal gegroei en sy posisie as vakansie- en aftreebestemming gevestig. Daadwerklike stappe is egter nodig om die sake-sektor ook te laat ontwikkel. Daarom is dit so noodsaaklik dat daar  na ander  maniere gekyk moet word om die groei en ontwikkeling van die plaaslike ekonomie te stimuleer. Veral in die lig van die feit dat PetroSA, volgens alle aanduidings, nie onbepaald die groot rol gaan speel wat hy tans speel nie. Daar sal in ‘n baie groter mate na die kleiner besighede en nywerhede gekyk moet word om die groei te stimuleer.

Een van die voorvereistes om so ‘n ontwikkelingsprogram te dryf, is dat die dorp en die gemeenskap mededingend moet wees. Om mededingend te kan wees word die regte mengsel van fisiese, intellektuele en kulturele bates wat mense met vaardighede, talente en kreatiwiteit kan trek en behou, benodig.

Pierre glo dat die dorp nie net plaaslik mededingend moet wees nie. Met die toename in buitelandse toerisme, is dit noodsaaklik dat die dorp ook globaal kompeterend moet wees. Diens moet opgeskerp word, fasiliteite moet op wêreldklas standaarde gebring word en Mosselbaai moet ‘n dorp word wat mense opgewonde maak! “Ons het alles wat nodig is, ons moet dit net ontwikkel en benut” het hy bygevoeg.

Sokker Wêreldbeker van 2010 is ‘n geleentheid is en dat Mosselbaai moet dit ten volle benut

Maar hoe bly jy uniek en op die voorpunt van geleenthede? Hoe maak jy ten beste gebruik van elke geleentheid wat hom voordoen? Pierre glo dat die Sokker Wêreldbeker van 2010 so ‘n geleentheid is en dat Mosselbaai nie kan bekostig om hierdie geleentheid nie ten volle te benut nie.

Mosselbaai – gasheerdorp vir die Paraguay-span en hul ondersteuners

“Ons is baie opgewonde oor die nuus dat Mosselbaai die gasheerdorp van die Paraguay-span en hul ondersteuners gaan wees. Die Mosselbaai Besigheidskamer het ‘n inligtingsessies gereel om saam met hul volgende byeenkoms te val.

Louis Harris en Marcia Holm sal die Mosselbaai besigheidskamer inlig oor die geleenthede wat die Sokker Wêreldbeker vir die dorp inhou

Mosselbaai se 2010 verteenwoordiger, Louis Harris en Marcia Holm van Mosselbaai Toerisme, wat onlangs in Suid-Amerika was, sal die vergadering inlig oor die geleenthede wat die toernooi vir die dorp inhou. Die byeenkoms vind op Dinsdagaand 13 Oktober om 18:00 by die Santos Express (Trein Restaurant) plaas en die toegangsgeld is R30 vir lede en R50 vir nie-lede. Verversings en ‘n kontantkroeg sal aangebied word.

Mosselbaai Besigheidskamer wil graag die ondernemings van die groter Mosselbaai gebied saamtrek om te verseker dat die dorp wel oor mededingende voordele beskik. “Ons moet mekaar met raad en daad bystaan en saam sorg dat al ons dienste en fasiliteite van wêreldgehalte is” het hy bygevoeg.

As jy belangstel om by die Besigheidskamer aan te sluit, kontak gerus die voorsitter, Pierre Venter, by 082-492-2623 of stuur ‘n e-pos aan
mosselbaybusiness@gmail.com

(Denise Lloyd)

More about this topic

Tags: , , , , , , , ,

Comments are closed.